Die 23-jarige Springbok-hartebreker en sy skoolkys, Kate Symons, trou Saterdag 18 Januarie, waarna hulle op hul wittebrood vertrek.

Juis hierom is hy nie ingesluit by die Haaie se toerspan nie, het die span se bestuurders per Twitter laat weet. Die span vertrek eersdaags na Londen om kragte te meet die Saracens-rugbyklub, en Lambie is dan steeds weg met sy wittebrood.

Die Haai se afrigter, Jake White, het gister bekendgemaak dat Bismarck du Plessis die span in 2014 sal lei en hom as “die beste haker ter wêreld” beskryf.

Lambie het een van die drie onderkapteinplekke losgeslaan, en sal saam met Odwa Ndungane en Jean Deysel die leisels oorneem wanneer Du Plessis nie beskikbaar is nie.

Lambie het in September verlede jaar die jawoord gevra op ’n romantiese piekniek, en het die goeie nuus met sy Twitter-volgelinge gedeel.

Kate, wat onlangs haar studie aan die Universiteit van Pretoria voltooi het, se Facebook-blad het vandag gewemel van gelukwensings en voorspoed vir die twee se groot dag môre.