DIS warm in die Karoo.

Later vandag gaan die kwik hier op Laingsburg tot 36°C styg, en net ’n paar vlieswolkies huiwer hier oor die dorp.

Jy kan jou skaars indink hoe dit was vandag presies 30 jaar gelede toe 104 inwoners van dié dorpie deur ’n vloed weggesleur is en verdrink het.

Sommiges se liggame is eenvoudig deur hul watergraf ingesluk en nooit gevind nie. Driekwart van die dorp se geboue het weggespoel.

Al is dit dekades later, voel dit vir die oorlewendes en geliefdes van die slagoffers soos gister toe die siedende watermassa hul lewe vir altyd verander het. En hierdie naweek trek hulle hier saam om te onthou hoe dit was die dag op 25 Januarie 1981 toe die seën van reën vir die Laingsburgers ’n vloek geword het.

“Moet dit net nie ’n fees noem nie,’’ pleit Jozef le Roes, ’n held van die ramp en ’n man wat tientalle mense van verdrinking gered het. “So baie mense is dood. Dit moet ’n danksegging wees.’’

Lees die volledige artikel oor hierdie ramp in die Huisgenoot van 3 Februarie 2011.

Bespreek vir Skouspel!