'n Twaalfjarige meisie van die Amerikaanse deelstaat Indiana het haar stiefma doodgesteek omdat 'n 'laggende nar' haar glo aangesê het om dit te doen.

Die meisie het ook die gesin se woonstel aan die brand gesteek voor sy haar ma, Maria Torres, vermoor het.

Volgens hofdokumente het die meisie haar pa om hulp gesmeek maande tevore. Sy het 'n alter ego ontwikkel en begin stemme hoor. Een van hulle was die stem van "Laughing Jack". "Laughing Jack" is 'n karakter wat op die webwerf creepypasta in 'n bangmaakstorie verskyn. Die storie gaan oor 'n ma wat ontdek haar vyfjarige seun het 'n kamma-vriend in die vorm van 'n nar. Om 'n lang, spokerige storie kort te maak: aan die einde steek die ma haar eie kind dood. Die twaalfjarige bevind haarself nou in 'n jeugaanhoudingsentrum in Goshen, Indiana. Geen skerp voorwerpe word naby haar toegelaat nie. Dit beteken dat die ander kinders in die sentrum nou "met papierlepels" moet eet.

Sy het 'n alter ego ontwikkel en begin stemme hoor

Daar is 'n ooreenkoms tussen hierdie tragiese gebeurde en dié van Slenderman - ook 'n fiktiewe karakter onder wie se invloed verskeie grusame dade deur kinders gepleeg word.

Die bekendste hiervan is die geval van Morgan Geyser en Anissa Weier wat in Mei 2014 'n klasmaat 19 keer gesteek het en haar vir dood in die woude van Waukesha agtergelaat het. Morgan en Anissa is albei twaalf jaar oud.

Bronne: YouTube,news.com.au, http://fox6now.com