Lagnes is die nuutste komediereeks op kykNet wat dit regkry om huishoudings regoor Suid-Afrika weekliks aan die lag te kry.

Gebaseer op die gewilde Amerikaanse reeks “Whose line is it anyway” bestaan die plaaslike weergawe uit ‘n groep vriende wat op ‘n dag besluit het om hulle kreatiwiteit saam te gooi en mekaar te laat lag.

Die program is ‘n gesonde improvisasie komedie vir die hele gesin, die hond, die kat en selfs die goudvis wat in sy bak ronddryf.

Die groep spelers, beter bekend as die Lagnes-monsters, het aanvanklik net uit vyf bestaan, maar is vandag 12 monsters sterk.

Die sleutel tot Lagnes se sukses, is uniekheid. Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.

Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief ’n goeie manier op die lagspiere te oefen.

Vang die monsters Saterdagmiddae om 17:00 op kykNet.

Kyk hier na 'n voorskou van die program: