Kos was nog altyd vir hom ’n stryd, se^ Natanie¨l, “want ek wil alles eet. Ek het ’n foto van my op ses maande waar ek in ’n hoenderhok sit. My oupa hou ’n erdwurm in die lug en ek sit met my mond oop, want ek wil die erdwurm eet. Ek hou van kos; ek ken nie matigheid nie.”

Sy liefde vir kos is juis een van die redes hoekom Die Natanie¨l Tafel so gewild is. Dit word Dinsdae om 19:30 op kykNET gewys.

Die afgelope ruk het hy die stryd teen kos begin wen, want hy het vanjaar ontdek hy is allergies vir graan en suiwel. Toe sny hy dit uit en verloor 10 kg in drie maande.

Sy kosprogram is “net tussenin”, se^ hy. “Ek sing eintlik. Daar’s nog 100 konserte voor die jaar verby is.”

Een daarvan is sy optrede by Huisgenoot- Skouspel, waaroor hy “benoud” is. “Ek is bang vir die gehoor, ek is bang vir die pad, ek is bang vir die sangers, ek is ontset- tend bang vir hul costumes.”

Moenie Marida Engelbrecht se lekker-lees onderhoud met hom in Huisgenoot 22 Augustus 2013 misloop nie.