Tydens die voorval het die slagoffer, 'n 26-jarige meisie, het 'n gebreekte arm opgedoen en moes sy in die hospitaal opgeneem word.

Alhoewel die man, en sy makkers se gesigte, duidelik op die beeldmateriaal sigbaar is, was daar nie sekerheid of die groep wel vasgetrek gaan word al dan nie.

Lees ook: Lafhartige boelie skop niksvermoedende vrou by stel trappe af Maar nou is die "traptrapper" soos hy deur die Nederlandse media bestempel word, se eie tjank behoorlik afgetrap. Die 27-jarige man, afkomstig van Bulgarye en net bekend as Svetoslav S., is danksy 'n oplettende busspassasier op 17 Desember vasgetrek tydens 'n busrit van die suide van Frankryk na Berlyn in Duitsland. Hy het Svetoslav herken van foto's wat op sosiale media gedeel is en die polisie van sy teenwoordigheid op die bus verwittig.

Aanvanklik is gevrees dat hy na Bulgarye gevlug het, maar sy ma het dit glo ontken. Stoykov's se vrou, by wie hy drie kinders het, het na bewering gesê dat hy in Duitsland was.

Twee van sy makkers is intussen ook uitgeken: sy broers.

Stoykov het glo ongeskoolde werk in verskeie restaurante in Berlyn verrig terwyl sy vrou 'n pottewasser is.

Die Berliner Kurier het ook berig dat Stoykov nie 'n vreemdeling aan die verkeerde kant van die gereg is nie. Hy beskik glo oor 'n ellelange kriminele rekord wat roof en diefstal insluit.

Bronne: rt.com, berlin.de, metro.co.uk