’n Laerskoolseun het verdrink toe hy probeer om ’n stroom oor te steek in Leporung, naby Makgobistad. Twee ander mense is in Lemenong dood toe hul motor deur vloedwater weggespoel is.

Die gebiede wat getref is, sluit in die Ratlou-, Kaginsano-Molopo-, Taung-, Ramotshere Moila-, Mahikeng- en die Moses Kotane-, Rustenburg-, Maquassi Hills- en Matlosane-distriksmunisipaliteite.

Provinsiale amptenare is na die betrokke gebiede gestuur om die omvang van die skade wat deur die onlangse reën aangerig is, te bepaal.

"Ons gebede is saam met al die families tydens hierdie hartseer tyd," het Supra bygevoeg. Huisgenoot het ook Woensdag berig van erge vloede in Wolmaransstad waar inwoners hul huise moes ontruim om vloedwater te ontsnap.  

Bron: News24