Lady Gaga stel nie in roem belang nie.

Die Applause-sangeres, wat bekend is om haar bisarre uitrustings en woeste haarkapsels, moes in Februarie noodgedwonge weens ’n heupoperasie ’n blaaskans neem. Sy erken dat die tydjie wat sy nie gewerk het nie, haar gedwing het om haar prioriteite in oënskou te neem en dat dit haar kreatiwiteit weer laat vloei het.

Sy het aan The Sun gesê: “Ek het die ruskansie werklik geniet omdat dit my kreatiwiteit vernuwe het en ek ook baie aan myself oor die afgelope paar jaar nagedink het.

“Ek het besef ek doen dit nie vir die roem nie. Ek hoef nie uit te gaan en erken te word om lewendig te voel nie.

“Ek mis dit wel om op die verhoog te wees en te sing en te dans. Ek het dit nie gemis om opgetof te wees nie.”

Die eksentrieke ster, wat haar eerste uitvoering van haar nuwe enkelsnit, Applause, verlede week by die MTV Video Music Awards in New York gegee het, het voorheen erken dat sy net lewendig voel wanneer sy voor ’n gehoor optree.

Sy het gesê: “Wanneer ek nie op ’n verhoog is nie, voel ek nie lewendig is. Maar wanneer ek die verhoog tref, is dit soos alles wat ek dink en voel, waar ek hoort – dis waar dit is.”