Hy en die Applause-sangeres was sedert 2011 ’n paartjie.

’n Bron het aan The Sun gesê:  “Taylor het aan haar gesê sy is met haar loopbaan getroud en hy kan dit nie hanteer om met Gaga die megaster en al haar obsessies en alter ego’s uit te gaan nie.

“Hy is lief vir die koel, plat op die aarde meisie, maar hy kry haar selde te sien. Gaga hou nooit op werk nie; sy skryf liedjies in die stort en dink nuwe uitrustings uit in haar slaap.

“Sy het altyd ’n hele veiligheidspan en ook verskeie assistente by haar. Sy en haar dolle werkprogram maak dit dalk moontlik om hoogstens een aand per maand ’n paartjie te wees.”

Die 27-jarige sangeres kry die afgelope ruk die wind van voor. Sedert sy in Februarie ’n heupoperasie ondergaan het, het jare lange vriende haar die rug gekeer en verlede week het sy haar troetelhond, Alice, verloor.

Maar terwyl Gaga (haar regte naam is Stefani Germanott) haar nou in haar werk probeer verdiep, is Taylor by ’n onlangse bofbalwedstryd saam met sy Chicago Fire-medester Brittany Curran gekiek.

Die bron het gesê: “Dalk pluis hulle dit uit oor Thanksgiving. Gaga hoop om Tayler te siene te kry wanneer hul rooster dit toelaat om sake uit te praat. Taylor het vir haar gesê elkeen kort tyd op sy eie en dit lyk of dit dalk tot ’n permanente skeiding kan lei. Hy kuier saam met ander meisies in Chicago en het Gaga weke laas gesien.”