Lady Gaga sê sy is ontsteld oor haar vorige assistent se saak teen haar.

Die Applause-sangeres (27) se vorige beste vriendin, Jennifer O’Neill, het haar vir R3,8 miljoen uitstaande oortydbetaling gedagvaar. Sy moes glo 24 uur per dag tot Lady Gaga se beskikking wees en tydens die toer van The Monster Ball in 2010 ’n bed met haar deel.

Die sangeres het teruggekap met ’n 200 bladsye lange verklaring, wat die Mail on Sunday in die hande gekry het. Daarin sy stel haar kant van die saak. Sy sê sy beloon haar personeel wat hard werk met byvoordele, pleks van oortydbetaling.

Sy het gesê: “Ek is nogal wonderlik vir almal wat vir my werk. Ek gaan julle nou presies vertel wat ** *** gebeur het sodat die regter op hierdie afskrif presies kan lees wat aangaan, want my beste eksvriendin is ’n ****** rot wat my dagvaar vir geld wat sy nie verdien het nie. Die werk was eintlik ’n guns, en Jennifer was glad nie daarvoor gekwalifiseer nie.”

Lady Gaga beweer ook persoonlike assistente in die vermaakbedryf kry selde oortydbetaling.

Jennifer het getuig sy het gevoel sy moes as deel van haar werk ’n bed met haar werkgewer deel.

Sy het gesê: “Ek was feitlik 24 uur per dag, sewe dae per week, aan haar sy. Dit sluit in om saam met haar in dieselfde bed te slaap, want sy het nie alleen geslaap nie.”