Haar kêrel, die akteur Taylor Kinney,  word op 15 Julie 32; die twee gaan al twee jaar uit.  Die unieke sak is deur Damien Hirst ontwerp en is oortrek met mini-weergawes van Damien se skilderye, wat uit rye kleurryke sirkels bestaan. Die sak het ook goudbedekte kopervoete om op te rus.

’n Bron het aan The Sun gesê: “Taylor is mal oor rugsakke en sy wou hom iets unieks gee. Daar is net 12 van daardie soort sakke.”

Gaga (27) beplan ook ander bederfies, onder meer ’n kuier by sy familie. “Gaga weet sy verjaardag is vir Taylor ’n belangrike saak, maar dis moeilik om vir hom ’n geskenk te kry, want hy hou nie van vinnige motors, groot huise of spoggerige pakke nie. Sy het gereël dat ’n straler hom Chicago toe neem sodat hy by sy familie kan wees.”

Die Chicago Fire-akteur het vroeër verklap hy kort ’n rugsak; hy het die laaste drie verloor wat die sangeres hom gegee het.