SY HET al ’n kreef op haar kop gedra en ’n donkerbril met ’n sigaretraam opgesit.

Sy het al klavier gespeel in ’n uitrusting van borrels en op die rooi tapyt verskyn in ’n skepping van Kermit-paddas wat aanmekaar gestik is.

Geen wonder jy’t begin dink Lady Gaga kan met niks meer vorendag kom wat die wêreld sal skok of walg nie. Toe nie.

Die 24-jarige popster het by die onlangse MTV-videomusiektoekenningsgeleentheid gewys sy het murg in haar pype as dit by die absurde kom. Met haar aankoms het sy heel normaal gelyk in ’n swart nommer deur die wyle ontwerper Alexander McQueen, en daarna in ’n Armani-rok verklee.

Maar dit het gelyk of sy vir haar derde uitrusting ’n slagter se koelkamer geplunder het. Dit het geheel en al uit repe rou vleis bestaan, kompleet met skoene en ’n handsak en hoed – alles van vleis!

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 23 September 2010.