Meer as 87 000 van dié indrukwekkende motors is al verkoop, wat meer as 472 500 000 km afgelê het sonder enige uitlaatgasse.

[post-slider]

Die elektriese aandryfstelsel, wat ’n 24 kWh litium-ioonbattery het wat aan ’n voorgemonteerde 80 kW elektriese motor verbind is, sorg vir ’n gladde, stil rit. Dit het ook 254 NM wringkrag en danksy die elektriese motor se aan-of-af-stelsel, skop die wringkrag in sodra die versnellerpedaal ingedruk word, vir ongekende bestuurbaarheid onder alle omstandighede.

Dit het ’n omskakelbare ekobestuursmodus wat versnellersensitiwiteit verminder en die bestuurskenmerke van gewone voertuie naboots, terwyl dit ook ekonomiese bestuurgewoontes aanmoedig om die batterye se dryfvermoë te vermeerder. Dit het ’n aërodinamiese vorm met spesiale kenmerke soos LED-kopligte vir doeltreffende energieverbruik saans, omgewingsvriendelike bande met lae rolweerstand en ’n stromingsversteurder op die dak met geïntegreerde sonpaneel wat die 12 V-battery van sonkrag voorsien.

Om die batterye gelaai te hou is ook ’n eenvoudige, kostedoeltreffende en tegnologies-gevorderde proses; met ’n volledig gelaaide battery kan die Nissa LEAF tot 195 km aflê.

Dit kan gelaai word by ’n herlaaipunt tuis, wat jy kry as jy die Nissan LEAF koop en waarmee die voertuig oornag binne agt uur gelaai kan word of met ’n vinnige herlaaipunt by een van die nege Nissan LEAF handelaars in Gauteng wat deel is van die eerste van die bekendstelling in Suid-Afrika.

Elke handelaar het ’n gespesialiseerde Nissan LEAF-herlaaipunt wat die battery tot 80 persent kan laai binne ’n halfuur, en dis gratis vir eienaars van die Nissan LEAF. Daar sal in 2014 handelaars in Kaapstad en Durban wees.

Die LEAF gaan waarskynlik ’n nis-kopie wees, want dit sal jou R446 000 uit die sak jaag. Dit het ’n drie jaar/100 000 km meganiese waarborg en drie jaar-/90 000 km-diensplan.

Video-infografika - Elektriese motors vir Suid-Afrika