Justin Ross Harris (33) van Georgia, Amerika, het op 18 Junie 2014 op een van die warmste dae van die jaar met sy 22 maande oue seuntjie, Cooper, werk toe gery. Toe vergeet hy hom sewe uur lank in sy motor . . . Op 27 Oktober 2016 het verskeie lede van die jurie in trane uitgebars toe hulle die motor waarin Cooper gesterf het ter plaatse van nader beskou. Cooper se karstoeltjie was steeds binne-in.

Dit het gelyk of die jurielede sukkel om hul oë van die rooi stoeltjie weg te skeur.

Voor Cooper se tragiese dood het vriende Ross, soos hulle hom genoem het, en sy vrou, Leanna, as ’n gelukkige paartjie beskou.

cooper familie

In Cooper se begrafnisbrief het hulle hulself as die trotsste ouers nog bestempel.

Dit was dus ’n groot skok toe Ross ’n paar dae later in hegtenis geneem word op agt aanklagte, onder meer een vir die moord op hul seun.

Die jurie het op 13 Oktober vanjaar vir die eerste keer beeldmateriaal gesien wat waarskynlik die laaste oomblikke tussen Cooper en Ross was. ’n Paar uur later was Cooper dood nadat sy pa hom glo in die motor vergeet het.

Van Ross se ondersteuners het tydens sy inhegtenisneming so vas geglo hy is onskuldig, hulle het geld ingesamel vir sy regskoste. Selfs Leanna glo tot vandag die kind se dood was ’n ongeluk, soos Ross beweer. Sy het wel intussen ’n egskeiding aangevra.

[caption id="attachment_143218" align="aligncenter" width="600"]Leanna tydens die hofverrigtinge. Leanna tydens die hofverrigtinge.[/caption]

Maar wat die polisie tydens hul ondersoek gevind het, het hulle onwrikbaar laat glo hy het sy kind se dood beplan.

Eers was daar die gerugte dat hy die webtuiste Childfree op Reddit besoek het. Hy wou vermoedelik van twee stelsels gebruik gemaak, maar dit kan nie onomstootlik bewys word nie. Ross het wel ook vakansiebestemmings nagevors - vir volwassenes, maar nie kinders nie.

Dan was daar die boodskappe aan ses vroue, buiten sy eie vrou, op die dag van Cooper se dood. Maar wat nog meer opspraak gewek het, was die eksplisiete teksboodskappe tussen hom en ’n meisie wat toe net 15 jaar oud was.

Nou, op 17-jarige ouderdom, word haar identiteit steeds beskerm. Sy het aan die hof gesê hy wou hê sy moet van hom ’n “stout ou man” maak.

Dit het Ross se tyd so in beslag geneem dat hy skoon “vergeet” het ’n klein seuntjie sit sewe uur lank in ’n motor vasgekeer. Die binnetemperatuur kon tot byna 38 °C styg.

Ross het glo ook nie sy kind gesien toe hy deur die loop van die dag iets uit die motor se kattebak gaan haal het nie.

Die saak duur voort.

Kyk hoe ernstig beïnvloed die hitte in ’n motor ’n volwassene op ’n warm dag.

Bronne: edition.cnn.com, ajc.com, abcnews.com, ajc.com