‘n Jaar ná die geboorte van haar babadogtertjie lyk Diaan Lawrenson weer nes die sexy Paula wat kykers op 7de laan leer ken het – die rietskraal losloper vol je ne sais quoi wat haar geliefde Altie se kop behoorlik laat draai.

Ja, dis nog nie heeltemal sewe maande nadat sy as nuwe ma weer voor die kameras ingeval het nie, maar dit voel asof sy nooit weg was nie.

Al trek haar hart steeds elke dag met ’n punt na klein Olivia Rose, wat op 8 Junie haar eerste verjaardagkersies doodgeblaas het . . .

En dis nie net in die Laan waar Diaan (33) nou weer haar slag wys nie. Sy het pas klaar verfilm aan ’n fliek, en sy is binnekort weer op die verhoog. Asof dit nie genoeg is nie, is sy boonop agter die skerms betrokke by verhoogproduksies.

Met so ’n besige program is dit ook maar goed Olivia is ’n soet baba, sê Diaan. Sy het weer begin werk toe haar kleinding vyf  maande oud was.

“Olivia was al saam met ons na drie feeste, sy was op die rolprentstel en in teaters. En dan is sy doodstil of sy maak maatjies met almal. Sy gun my dit om te werk, dink ek!” sê Diaan en haal haar selfoon uit omvir ons foto’s te wys.

Lees meer in die Huisgenoot van 16 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.