Hy plant glo skelm rose in die buurvrou se tuin om haar lewe op te kikker en gee vir sy vrou breekgoed waarop hy self geskilder het.

Maar dis mos nie wat ’n mens van daardie pierewaaier Dawid Greeff in die sepie 7de Laan sal verwag nie, of hoe?

Inderdaad nie. Die akteur Stian Bam (34), wat ook die rol van Hugo in Vallei van Sluiers vertolk het, is ’n romantiese, siel propvol verrassings vertel sy vrou, Truda (30), ’n Karoo-meisie van Oudtshoorn.

‘‘Daar is doodeenvoudig nooit ’n vervelige oomblik saam met hom nie, en dis waar, hy plant graag skelm plante om mense op te beur,” vertel Truda.

Kyk hier na ‘n video van Stiaan en sy vrou: