Die swart houtdeur swaai oop en dit voel asof jy oor die drumpel van ’n kuns-en-dekorwinkel tree. Dis ’n mengelmoes van oud en nuut in alle kleure en vorms en elke item is ’n unieke kunswerk.

Party stukke, soos die fotorame van hout en metaal in verskillende groottes en kleure, en die Singer-naaimasjien van 1925 nog op sy oorspronklike tafel, het 7de Laan se Heino Schmitt (27) en sy ouditeurvrou, BeauAnn (23), so saamsaam êrens gaan uitsnuffel.

Dan is daar mooigoed wat familie en vriende aangedra het: ’n swart-en-wit Nguni-vel van Heino se pa, Otto, se stoetery op die plaas tussen Vaalwater en Ellisras, ’n Bybel uit 1747 van Heino se suster, Astrid, en ’n skildery van Distrik Ses  wat BeauAnn se ouma vir hulle gegee het.

“Die Bybel – eintlik die boeke van Jesaja tot Maleagi – wou ’n vriendin van Astrid weggooi, maar sy het gekeer, want sy het geweet ons sal gek wees daaroor,” vertel die hartebeker wat die rol van Altus in Die Laan vertolk.|

Heino en BeauAnn is verlede Desember getroud. Hulle wys vandag vir die eerste keer hul huis in North Riding,  Johannesburg, vir ons.

Baie van die meubelstukke in die huis is sy eie handewerk.

Lees die volledige artikel en sien meer foto's in die Huisgenoot van 27 Mei 2010

Op die internet

7de Laan op Facebook

7de Laan webwerf