Die amptelike fliekplakkaat van die Huisgenoot-fliek, Vir die Voëls, is nou nét hier op Huisgenoot.com beskikbaar. Laai dit af op jou rekenaar, druk in kleur uit en plak teen jou muur.

Vir die Voëls is ’n romantiese drama gegrond op die Huisgenoot-lesers, Irma en Sampie de Klerk, se ware liefdesverhaal en word saam met kykNET Films en The Film Factory as vennote geskep. Dis vol intriges, lekker ligte oomblikke en hope sewentigs nostalgie. Francois Jacobs en Simoné Nortmann speel die hoofrolle.

Die pragplakkaat verklap 'n hele paar van die fliek se lekker intriges: Irma steek vas voor die kansel, Sampie maak hart oop oor die pyn van die Grensoorlog, die hele dorp skinder oor dié vurige rooikop agter op 'n motorfiets en sigaret in die hand! Om nie eens te praat van daai verloofring wat meer as 3 maande se salaris kos nie!

Die maklikste manier om seker te maak jy mis nié hierdie fliek wat op 25 November 2016 landwyd in bioskope open nie, plak hierdie plakkaat teen jou muur waar dit jou die heeltyd sal herinner.

Dis ook mooi om na te kyk!

KLIK HIER om jou eie pragplakkaat af te laai.

#VirdieVoëls #25November2016