Hierdie film het in al sewe kategorieë waarin dit benoem was geseëvier, insluitend die prys vir beste rolprent, komedie of musiekrolprent.

Trouens met sy sewe pryse het La La Land die rekordboeke gehaal met die meeste pryse nóg by die spoggerige geleentheid aangebied deur die Hollywood Foreign Press Association. Nog net twee flieks kon in die verlede daarin slaag om ses pryse te wen, 1975 se One Flew Over the Cuckoo's Nest (Met Jack Nicholson) en 1978 se Midnight Express. Buiten die prys as beste rolprent, komedie of musiekprent, het La La Land ook gewen vir beste regisseur (Damien Chazelle), beste draaiboek (Damien Chazelle), beste akteur in 'n komedie of musiekblyspel (Ryan Gosling), beste aktrise in 'n komedie of musiekblyspel (Emma Stone), beste klankbaan (Justin Hurwitz) sowel as beste liedjie vir City of Stars.
'n Ander groot oomblik tydens vanaand se geleentheid was die veteraanaktrise Meryl Streep se toespraak toe sy die Cecil B. DeMille-prys wen. Die aktrise, met 8 Golden Globe-pryse in haar naam, het Amerika se nuutverkose president Donald Trump in 'n bytende toespraak aangevat. In haar toespraak van byna ses minute het Meryl gesê Donald het die geneigdheid om mense te verneder, "en wanneer dit kom van 'n persoon in die publieke oog filter dit tot in almal se lewens en gee soort van vir ander mense toestemming om dieselfde ding te doen." "'n Gebrek aan respek nooi ander on disrespekvol te wees. Geweld lei tot nog geweld. En wanneer die magtiges hul positie gebruik om ander te boelie, verloor almal."

Hier is 'n volledige lys van al vanaand se wenners:

Beste rolprent, drama: “Moonlight”

Beste rolprent, komedie of musiekblyspel: “La La Land”

Beste aktrise, drama: Isabelle Huppert, “Elle”

Beste akteur, drama: Casey Affleck, “Manchester by the Sea”

Beste aktrise, komedie of musiekblyspel: Emma Stone, “La La Land”

Beste akteur, komedie of musiekblyspel: Ryan Gosling, “La La Land”

Beste aktrise in 'n ondersteunende rol: Viola Davis, “Fences”

Beste akteur in 'n ondersteunende rol: Aaron Taylor-Johnson, “Nocturnal Animals”

Beste regisseur: Damien Chazelle, “La La Land”

Beste draaiboek: Damien Chazelle, “La La Land”

Beste animasieprent: “Zootopia”

Beste buitelandse fliek: “Elle” (Frankryk)

Beste klankbaan: Justin Hurwitz, “La La Land”

Beste oorspronklike liedjie: “City of Stars,” “La La Land”

Beste reeks, drama: “The Crown,” Netflix

Beste reeks, komedie of musiekblyspel: “Atlanta,” FX

Beste televisie-fliek of mini-reeks: “The People v. O.J. Simpson: American Crime Story,” FX

Beste aktrise, mini-reeks of televisie-fliek: Sarah Paulson, “The People v. O.J. Simpson: American Crime Story”

Beste akteur, mini-reeks of televisie-fliek: Tom Hiddleston, “The Night Manager”

Beste aktrise, drama: Claire Foy, “The Crown”

Beste akteur, drama: Billy Bob Thornton, “Goliath”

Beste aktrise, komedie of musiekblyspel: Tracee Ellis Ross, “black-ish”

Beste akteur, komedie of musiekblyspel: Donald Glover, “Atlanta”

Beste aktrise in 'n ondersteunende rol: Olivia Colman, “The Night Manager”

Beste akteur in 'n ondersteunende rol: Hugh Laurie, “The Night Manager”