Volgens ER24 het paramedici net voor agt by die man se huis in Edendale, Pietermaritzburg, opgedaag. Met hul aankoms het hulle die man by die ingang van sy huis gevind met ’n skietwond aan sy gesig. 

Paramedici het hom ondersoek, maar kon ongelukkig niks vir hom doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Die omstandighede rondom die voorval is nog onbekend. Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak,” sê Werner Vermaak, ER24-woordvoerder.