fly away my friend

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Kim Kardashian se 18-jarige suster het aanhangers laat kop krap of sy weer na haar natuurlike voorkoms gaan terugkeer.

Op die foto pryk die brunet met dun lippies en is haar plomper lippe so gedokter dat dit so te sê weg “vlieg”. Al wat oorbly, is haar dunner en meer natuurlike lippe.

Lees ook: Kardashians maak musiekvideo vir Kris se verjaarsdag

En hoewel duisende aanhangers wou weet wat die suggestiewe foto beteken, het sy duidelik nie die energie gehad om nog ’n verduideliking te gee nie.

Al wat sy gesê het, is: “Vlieg weg my vriend” in die onderskrif by die foto.

Die werklikheidster loop al ’n geruime tyd onder gerugte deur dat sy vullers gebruik om met plomper lippe te pryk.

Lees ook: Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

In ’n episode van hul werklikheidsreeks Keeping Up With The Kardashians wat verlede jaar in Mei uitgesaai is, het Kylie eindelik erken sy gebruik tydelike lipvullers.

“Ek was nog altyd selfbewus [oor my lippe] en ek wou dit nog altyd doen,” vertel sy.

Ons kan nie help om te wonder of dit die einde aan haar doktersbesoeke gaan wees nie.

– Saamgestel deur Saskia Hill

BRONNE: hollywoodlife.com, Instagram, dailymail.co.uk, mirror.co.uk

Ander stories op Huisgenoot.com:

‘Ek moes dae lank na leuens luister,’ sê regter in Zephany-saak

Die ooievaar is omtrent besig onder bekendes – kyk wie se dogtertjie is ook gebore!

Liam Payne dolverlief op Cheryl Fernandez-Versini

Twee vissermanne sterf ná boot aan Weskus omslaan