Kylie het haar voorletters op Miles Richie (19), Lionel Richie se seun en Nicole Richie se broer, getatoeëer. Miles was glo by John Petro vir ’n tatoe toe Kylie wou uithelp.

Behalwe dat tatoes permanent is, mag net mense ouer as 18 tatoes aanbring, volgens die departement van openbare gesondheid in Los Angeles.

Kylie sal dus nog ’n paar jaar moet wag voor sy dit wettig kan doen. Oepsie!

-Janine Nel

Bron: popcrush.com