Na aanleiding van kykers se vrae het 7de Laan ’n verklaring op Facebook geplaas waarin hulle die geloofwaardigheid van die intriges in die SABC2-sepie beklemtoon.

 

“Elke feitelike verklaring wat jy hoor of voorval wat jy in 7de Laan sien, is feitelik geldig. Ons draaiboekskrywers doen gedetailleerde navorsing om seker te maak dat elke storie se inhoud feitelik geverifieer kan word en wel moontlik in die werklike lewe is.”, lui die verklaring.

“Kykers wou graag weet wat die sogenaamde EPL-hefboom is wat Rickus per ongeluk afgedruk het en hoekom dit die vliegtuig laat neerstort het,” het Rosa-Mari Erasmus, publisiteitbeampte van 7de Laan, by navraag gesê.  

Baie kykers was nie tevrede nie en het neerhalende kommentaar op dié inskrywing gelewer


Tog was kommentaar op die episode self baie positief.

“Dit is ons grootste storielyn tot dusver en ons wou kykers ook graag die versekering gee dat ons die nodige navorsing gedoen het,” het Rosa-Mari bygevoeg.