’n Maansverduistering is ’n verskynsel wat voorkom wanneer die son, aarde en maan presies in een lyn is met mekaar - met moederaarde reg in die middel!

Luidens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kon die verskynsel veral in die Oos-Kaapse kusgebiede gesien word.

Die gedeeltelike verduistering het tussen 19:30 en 21:15 gebeur.

Opgewonde bewonderaars het in vervoering hul foto’s van die maan in die sosiale media gedeel.

Die gedeeltelike maansverduistering was sigbaar in die meeste dele van Suid- en Oos-Asië, Europa, Afrika en Australië.

Het jy die maan gesien? Deel jou foto’s en ervaring daarvan!