"Ek het eers ’n gekraak gehoor en toe ’n reuse-slag, toe hardloop ek!"

Só vertel Chris Davids, ’n tuinier in Stellenbosch, van die oomblik toe ’n tamaai akkerboom in Van Riebeeckstraat in dié Bolandse dorp Donderdag weens sterk wind omgewaai is.

Chris, wat by ’n plaaslike gastehuis werk, sê hy het dadelik gedink die boom het ’n Toyota Carolla wat langs die straat geparkeer was, platgeval. Gelukkig het die boom die motor rakelings gemis.

Die pad was vir ’n tyd lank versper, iets wat feesgangers by vanjaar se Woordfees erg omgekrap het.

"Gewoonlik neem dit ons so 15-20 minute om só ’n boom te verwyder," vertel Maindren Chettiar van die munisipaliteit.

"Maar vandag was ons bietjie laat, want daar het drie ander bome in die omgewing ook omgewaai."

Volgens ’n inwoner waai die wind sedert vroeg vanoggend sterk.

Kyk hier na ’n video van die voorval: