As alles volgens plan verloop, is klein Braambossie, soos hulle hom noem, 19 April hier. Hulle gaan hom Braam noem.

1557639_725364804180718_1118143586_n

“Behalwe as Braampie besluit om vroeër sy opwagting te maak, so ek is van nou af al op stand-by. My hospitaal-tassie is dié naweek gepak. Die helfte van die tas bestaan omtrent uit sweets en snacks vir pappa, net vir ingeval ek in die middernagtelike ure hospitaal toe moet gaan en die kiosk toe is. Pappa Braam kan mos nou nie honger ly nie,” spot Sorina.

“Ons is verskriklik opgewonde en die babakamer is amper klaar,” vertel Braam.

“Ons het verlede week die babakamer geverf en geplak en dit lyk vir ons super-cool. ’n Regte kombinasie tussen Mamma Sorina Flooze en Pappa Braam Boer se smaak. Dis glad nie jou gewone babablou kamer nie, maar eerder enige skakering van blou – van navy tot turkoois. En raai wat is die tema? Plaas en sang natuurlik. Ons het die oulikste muurplakkers bestel waar die plaasdiere almal sing of ’n instrument speel, van ’n gans wat kitaar speel tot ’n varkie wat tromme slaan, kuikentjies wat saam tjirp-tjirp en ’n haan wat op die windpomp staan en in note kraai,” vertel Sorina opgewonde.

“Daar is ook ’n ysterwiegie waarin ek en my pa as babas geslaap het,” vertel Braam.

En natuurlik het haar vriendinne ook gesorg vir ’n ooievaarstee of twee. . .

“Ek was so bevoorreg om die afgelope ruk twee baby showers te kon hê, en ek het wraggies nie een van die twee verwag nie! Ek kan nie glo dat ek albei kere uitgevang is nie; ek kan wel sien dat my tjommas wat dit gereël het, baie goeie akteurs is,” vertel Sorina.

Paar van my vriendinne wat my hart in hulle hande dra & vir my die spesiale Braambossie Oesfees Tee partytjie gereel het. THANX GIRLAS!!!

“Die eerste een was ’n ooievaarstee by my skoonouers se plaas. Elke antie van die kontrei was daar en dit was ’n behoorlike plattelandse vrouemakietie, wat my skoonma as verrassing vir my gereël het. Die manne het tussen die lande hul eie braai gehou terwyl die vrouens ge-kloek, ge-koek en ge-tee het.”

“Die ander ene was in Pretoria, waar my super-vriendinne almal saamgespan het om ’n ongelooflik spesiale ‘Braambossie-oesfees’ vir my te hou.”

Hier is nog foto’s:

Oppie plaas, Al die plattelandse henne besig om te skrop vir die party

My tjomma Hendrien het die baby cake-pops self gemaak & dit was die kersie op die tee party se koek gewees!!