Huisgenoot het vir Brendan Peyper op sy 21ste verjaardag op Maandag, 7 Augustus, gevra om 'n bietjie in die verlede te gaan delf.

Watter raad sou 'n 16-jarige Brendan aan homself bied?

"Om altyd in jou drome te glo en dat daar geen droom is wat té groot is nie!

"Enigiets is moontlik as mens hard genoeg daarvoor werk en aan te hou streef na wat jy wil hê in die lewe.

“Ek het nog altyd gedroom om op die verhoog te wees en 'n verskil te maak in mense se lewens.”

Die sanger wat talle laat swymel. Foto verskaf

Het die Brendan van vyf jaar gelede iets geleer wat steeds geld?

"Om altyd jouself te wees en nooit voor te gee nie."

Baie geluk, Brendan, ons sien uit daarna om jou loopbaan saam met jou te volg!

Luister lekker saam

Save