Graeme (35) en sy vriendin, die regskonsultant Romy Lanfranchi (37), het hul seuntjie, Sebastien, einde Desember verwelkom en die drie het Dinsdag die toets tussen Suid-Afrika en Sri Lanka op Nuweland bygewoon.

"Sebastien se eerste dag by die krieket. Altyd my gunstelingtoets," het die voormalige Proteas-kaptein op Instagram geskryf.

Graeme het 'n seuntjie en dogtertjie uit sy huwelik met die Ierse sangeres Morgan Deane, en Romy het ook kinders uit haar vorige huwelik.

Met Sebastien se geboorte het 'n verheugde Graeme op Instagram geskryf hy “is ongelooflik trots en gelukkig om #bababiff in die wêreld te verwelkom", en bygevoeg "ma en baba vaar baie goed en pa is ekstaties!”

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on