“Ons is verlief,” roep ’n mooi blonde meisie uit terwyl sy in die see speel.

Langs haar staan ’n aantreklike donkerkop man. Kaal bolyf, groot swart sonbril op sy gesig, glimlag so breed dat jy net tande sien.

[caption id="attachment_127295" align="alignnone" width="600"]Die duifies koer heerlik in sosiale media. Foto: Facebook, Christoff Becker Die duifies koer heerlik in sosiale media. Foto: Facebook, Christoff Becker[/caption]

Dié man is niemand anders nie as die veroordeelde moordenaar, Christoff Becker.

Op ’n video genaamd “bekker” op YouTube verklaar Christoff en Saskia du Preez (22), ’n naeltegnikus, hul liefde aan mekaar.

“Dit is nou nie die mooiste see wat jy kan sien of die strand nie, maar wag, ek het vir Sas hier in die agtergrond. Kyk hierdie stunning ongelooflike mens,” sê Christoff.

Terwyl hy praat, val Saskia hom in die rede: “ons is verlief!”.

“Oor twee maande van nou af . . .” sê Christoff voordat Saskia inval “is ons getroud”.

“Ek wou sê date, maar trou is duisend keer beter,” sê Christoff met ’n groot glimlag.

Hoewel dié video eers Sondag op Youtube gelaai is, is dit gemaak op Saskia se verjaarsdag op 4 Mei. Hulle was toe vir ’n weeklange vakansie by die see. Volgens die video is dié twee duifies vir ’n week by die see.

Die twee koer nogal in sosiale media. Op Instagram het Saskia haar beskrywing gemaak: Saskia du Preez “Stoffel”.

Terwyl Christoff haar op Facebook “Sas” noem, is hy haar “Clooney”. Op verskeie sosialemediaplatforms is die twee se profielfoto’s of ’n foto van die ander een of ’n foto van hulle saam.

Saskia het vroeër vandeesmaand ’n foto van Christoff haar profielfoto gemaak en daarby geskryf “I have found a life for me in you, I know it . . .”. Christoff het daarby geantwoord Saskia is sy gunstelingmens.

Saskia het op 6 Mei haar verhoudingstatus verander na “in ’n verhouding met Christoff Becker”.

[caption id="attachment_127294" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: Facebook, Saskia du Preez Skermgreep: Facebook, Saskia du Preez[/caption]

Waar Christoff, een van die sogenaamde Waterkloof-vier wat in 2001 ’n hawelose man doodgeslaan het, sedert sy vrylating op parool in Desember 2014 nie eintlik bedrywig was op sosiale media nie, plaas hy en Saskia sedert Mei gereeld foto’s en boodskappe waarin die een die ander se liefde vir mekaar uitbasuin.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer

Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

Gert van Rooyen: ‘Slagoffer’ verbreek stilte ná 39 jaar

‘Ek is so dankbaar’: Vrou wat 18 jaar gelede uit brandende gebou gered is, herenig met haar redder