Prins George is vandag twee jaar oud!

’n Foto van George, wat op sy kleinsus, Charlotte, se doop geneem is, is Dinsdag deur Kensington-paleis uitgereik vir die prins se verjaardag.

Die foto is, soos Charlotte se amptelike doopfoto’s, deur Mario Testino geneem. Mario was een van prinses Diana se gunsteling-fotograwe.

Hy het ook die amptelike verlowingsfoto’s van prins William en die destydse Kate Middleton geneem.

George se ma, Catherine, hertogin van Cambridge, het glo al die partytjiereëlings self getref.

george-2-main2