Dié blonde Hercules, wat die sanger Brad Jooste, oftewel Marius Swanepoel in dié kykNet-reeks speel, kan hom op sosiale media net nie keer om te spog met die liefde in sy lewe, sy medespeler en Mwah!-sangeres Loriska Bubb nie.

A photo posted by @loriskab on

Dié twee speel saam in Sterlopers. In die reeks is hulle in dieselfde musiekgroep, Eierdoop. Terwyl hy die gehoor met sy stem bekoor, bespeel Loriska die tromme. Sy vertolk die rol van Dixie le Roux.

Dié rol verskil hemelsbreed van haar vorige. Sy was Kirstin in 7de Laan, die een wat die moeilikheid tussen Paula en haar Altie veroorsaak het. Marno en Loriska is al langer as ses maande ’n paartjie. Hulle is lief daarvoor om foto’s van hulle saam op Instagram te plaas. En as dit nie ’n foto van hulle saam is nie, is dit ’n een met die een of ander liefdesboodskap en ’n string hutswoorde. So het Loriska sowat twee weke gelede ’n foto van haar gedeel met die boodskap: “Wanneer hy op pad is om te kom kuier. #smilesalltheway #jougemisman @marnovdmerwe. Met net twee woorde “Jou ook” het Marno terug geantwoord. Wanneer jy na die foto’s van die twee saam kyk wanneer hulle by ’n spoggeleentheid is soos die Ghoemas of die première van die fliek Modder en Bloed, waarin Marno ’n rol vertolk het, lyk die twee na ’n Hollywood-paartjie: twee pragtige mense bymekaar.

A photo posted by @loriskab on

Dis dan wanneer Marno veral Loriska se skoonheid besing. By een foto het hy geskryf: “Me with beautiful.”
By nog een het hy geskryf “Vanaand by die Premiere van #modderenbloedmovie saam die mooi meisie. Hoe gelukkig is ek.”

Die twee verliefdes het by navraag gesê hulle wil nie in hierdie stadium oor hul verhouding praat nie.

Lees ook op Huisgenoot.com:

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou

Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

Bisarre foto’s en video’s: So versorg ’n mens jou hare en naels in die ruimte . . .