[caption id="attachment_121709" align="alignnone" width="600"]Sean Else en sy praggesin. Foto: Artifex Creative Photography Sean Else en sy praggesin. Foto: Artifex Creative Photography[/caption]

“Ons het sy partytjie by die huis hier in Houtbaai gehou en ’n klimraam en ball pond gehuur,” het Sean se vrou, Carla, gesê. “Ek het die dekor gedoen en die koek self gebak.”

En die tema? “Die tema was natuurlik Noah’s Ark,” sê sy.

[caption id="attachment_121741" align="alignnone" width="600"]Al die diere van die ark was daar! Foto: Artifex Creative Photography Al die diere van die ark was daar! Foto: Artifex Creative Photography[/caption]

Die mannetjie is omtrent met geskenke bederf. “Van sy gunstelinge is ’n kar wat hy by sy oom en tannie gekry het,” vertel Carla. En met dié dat sy pa, ’n eertydse lid van die mansgroep Eden, ook ’n talentvolle musikant is, is dit geen wonder nie dat klein Noah mal is oor ’n speelkitaar wat hy as geskenk gekry het.

Noah se ouer broers, Caylem (11), Vaughn (10) en Daniel (2), het net so lekker saam partytjie gehou, vertel Carla.

[caption id="attachment_121742" align="alignnone" width="600"]Foto: Artifex Creative Photography Foto: Artifex Creative Photography[/caption]

“Caylem en Vaughn is mal oor hul twee klein boeties. Daniel het nog nie die hele storie so lekker verstaan nie en ek moes toe die kersie van Noah se koek weer aansteek sodat Daniel dit ook kon doodblaas, maar hulle almal het so lekker gespeel.

[caption id="attachment_121743" align="alignnone" width="600"]Kyk net die mooi gesin! Foto: Artifex Creative Photography Kyk net die mooi gesin! Foto: Artifex Creative Photography[/caption]

“Vier seuns in die huis is rof en besig,” bieg sy. “Maar ek ruil dit vir niks. Ons voel baie geseën. Hulle is pragtig.”

Noah hou ook al klein-klein sy lyf akteur. Hy is te sien in sy pa se nuwe oorlogprent, Modder en Bloed, wat van vandag af in rolprentteaters begin draai. Hy is nie al jong akteur in die gesin nie. Sy boeties was ook al in flieks.

Vaughn en Daniel was te sien in ’n Man Soos My Pa en hul ouboet, Caylem, het gesig gewys in die romantiese komedie Konfetti en het die jonger Hugo gespeel in Ivan Botha en Donnalee Roberts se trefferfliek Vir Altyd. Praat van ’n talentvolle gesin.

– Lara Atson

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender