[caption id="attachment_60989" align="aligncenter" width="600"]Sorina het hierdie foto van haar op Facebook gedeel. Sorina het hierdie foto van haar op Facebook gedeel.[/caption]

Sorina Erasmus, ook bekend as die Flooze van Witbank, het vandag dié foto op haar facebook bladsy gedeel.

Sy is nou vyfmaande swanger en het bevestig dat dit ‘n seuntjie is. Volgens haar man en bestuurder Braam Riekert, gaan hulle die seuntjie na hom vernoem, Abraham, Carel Riekert. “Hy sal dan die vierde geslag met dié name wees.”

Hy en Sorina is altwee baie bly dat dit ‘n seuntjie is, maar het nooit regtig omgegee oor wat die geslag is nie.

“Ons is nou hard besig om te soek na babatoebehore. Ek het my amper dood geskrik toe ek sien ‘n stootwaentjie kos omtrent soveel soos een kar paaiement,” skerts Braam.

- Suzanne Venter