BjQE_DHIEAAdtFR

Die Springbok en Blou Bul-rugbyspeler Pierre Spies het Vrydag vir die tweede keer pa geword. Pierre en sy vrou, Juanné, het nóg ’n seuntjie, Judah Spies, in die wêreld verwelkom. Die trotse pa het op Twitter foto’s van sy vroulief, hul nuwe bulletjie en hul tweejarige seun, Pierre, gedeel.

Die Blou Bul-kaptein is tans langs die kantlyn met ’n beseerde armspier en sal ’n groot deel van vanjaar se Superrugby-toernooi misloop.

Nóg ’n oud-Springbok het ook onlangs weer pa geword! Bob Skinstad het Vrydag op Twitter aangekondig dat hy en sy vrou, Debbie, ’n seuntjie ryker is. Hul kleinding, Johnny, het 3,59kg by geboorte geweeg.

Bob het getwiet dat Debbie én Johnny albei goed doen en “gelukkig en gesond” is. Die paartjie het reeds drie kinders, Anna, Tom en Charlotte. Veels geluk julle twee!