[caption id="attachment_60313" align="aligncenter" width="600"]Foto: Gallo Images/ Emile Hendricks/Foto24 Foto: Gallo Images/ Emile Hendricks/Foto24[/caption]

“Ek gaan haar Kimberley noem en sit nou by haar. Dit gaan goed met haar en sy is ‘n lieflike hond,” sê John.

Dr. Claudine Crawford, die veearts wat Kaptein Seeley, soos die hond deur die media gedoop is, versorg het, het ook bevestig dat dit goed gaan. “Sy was aanvanklik baie moeg en honger maar vorder goed. Dis ‘n lieflike dier met ‘n wonderlike geaardheid.”

Almal is baie bly dat John self die hond sal kan aanneem. Sy gaan tuis saam met sy gesin en vier ander honde en katte bly.