Die dood van meer as 30 mense in Dinsdag se terroriste-bomaanvalle in die Belgiese hoofstad Brussel het mense wêreldwyd ontroer. Teen sononder gisteraand is ikoniese monumente en bakens oral ter wêreld in die swart-rooi-en-geel kleure van die Belgiese vlag verlig in ’n blyk van eensgesindheid.

A photo posted by Allt om Resor (@alltomresor) on

Van Parys en Doebai tot in Rome en Duitsland het tienduisende mense by die besienswaardighede bymekaargekom om hulde te bring aan die mense wat omgekom het toe drie bomme gister in Brussel ontplof het.

Die Islamitiese Staat (IS) het sedertdien verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar. Lees ook: Brussel-bloedbad: Nuwe inligting oor verdagtes bekend Die Eiffel-toring in Parys was een van die besienswaardighede wat in die kleure van die Belgiese vlag verlig was. Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, het getwiet: “Uit eensgesindheid met die mense van Brussel sal Parys vanaand die Eiffel-toring in die kleure van die Belgiese vlag verlig.”

Die Franse president, François Hollande, het gesê: “Ek betoon my volle eensgesindheid met die Belgiese mense. Deur die aanvalle op Brussel is die hele Europa getref,” het hy getwiet. In Rome is die beroemde Trevi-fontein verlig, terwyl die Burj Khalifa in Doebai, die hoogste gebou ter wêreld, ook in die kleure van die Belgiese vlag gebaai is.

A photo posted by Youm7 (@youm7) on

Die koninklike paleis van Amsterdam is ook met die kleure van die vlag verlig. “Ons is een met ons suidelike bure in rou en smart, maar ook in doelgerigtheid,” het Mark Rutte, die premier van Nederland, in ’n twiet gesê. Lees ook: Brussel-bloedbad: ‘Ek het foto’s geneem, ek het nie geweet hoe om die mense te help nie’ Nog monumente wat verlig is, is die Brandenburgpoort in Berlyn en die Piazza del Campidoglio in Rome.

A video posted by BBC News (@bbcnews) on

Die Vatikaan het die volgende verklaring oor die aanvalle uitgereik: “Die Heilige Vader veroordeel weer die blinde geweld wat soveel lyding veroorsaak en smeek God vir die gawe van vrede. Hy bid God se seën toe vir die bedroefde families en vir die mense van België,” het kardinaal Pietro Parolin gesê.

Dit is die tweede keer in onlangse maande dat die wêreld saamstaan om hulde te bring aan die slagoffers van terreuraanvalle – die eerste ná die terroriste-aanvalle in November in Parys.

In daardie tyd is die stadsaal van Brussel verlig in die rooi-blou-en-wit van Frankryk se landsvlag.

– Saamgestel deur Latashia Naidoo

Bronne: metro.co.uk, ibtimes.com, nola.com, nytimes.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Eksklusief: Angelique Gerber vertel hoe sy vriendinne gevra het om haar bruidsmeisies te wees

‘Daai oomblik as jy sien Ashton Kutcher deel jou neef se video op Facebook’

Petrolprys kan met 70c/liter styg, sê ekonoom

‘Boeremeisie’ Minki van der Westhuizen kry Britse burgerskap

Suid-Afrika ‘nie immuun teen terreur’