In die reeks sal gesien word hoe Melinda Bam haar kroon en sash verruil vir avontuur, gebreekte naels en blou kolle- dit klink beslis na iets om uit te sien!

Sy skuif voor die kamera in en wys kykers presies hoe dinge gedoen moet word.

Melinda wil wegbreek van die “poppie” stereotipe.

In elke episode is daar uitdagings wat sy en ’n ander bekende, wat ook as “poppies” stereotipeer word, aanpak om hulself as tawwe koekies te bewys. 

Van die “poppies” wat saam met haar die avontuurlustige uitdagings sal aanpak is onder meer Charlene Brouwer, Angelique Gerber, Charlize Berg, Zetske van Pletzen, Mandi du Plooy, Kristen Raath, Bianca la Grange, Liesl Laurie.

Melinda meen dat sy onmiddellik aanklank by die reeks gevind het.

Sy verduidelik: “Dit het dadelik vir my aanloklik geklink om nie net die stereotipes rondom myself uit die veld te slaan nie, maar ook dié van soveel ander vrouens in my bedryf.”

“Om dit alles reg te kry en dinge te doen wat ek nooit gedink het ek sal doen nie, het dit my ook die geleentheid gegee om ’n ander kant van Melinda te wys  die een wat my vriende en familie ken.”

Melinda het ook verklap dat die moeilikste uitdaging gedurende die reeks vir haar was om varke te vang.

“Bianca le Grange gaan in episode 12 wys hoe sy my redelik by my sinne moes hou. Dit was verskriklik, maar julle sal self maar moet wag en sien watter vrees ek moes oorkom in die proses.”

  • Wies' jou poppie? Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en op Sondae om 18:30 herhaal.

Kry hier na ’n voorsmakie van die reeks: