Veels geluk, Amor! Die sangeres en televisie-aanbieder Amor Vittone verjaar vandag (Woensdag) en dit lyk of sy behoorlik bederf word.

Amor, wat die program Skoonma se Tong op VIA (kanaal 147 op DStv) aanbied, is vandag 44 jaar oud en het foto’s op Facebook gedeel van haar twee kinders, Kylie en Jordan, wat haar vanoggend verras het.

[caption id="attachment_120168" align="alignnone" width="600"]Foto's Facebook, Amor Vittone Foto's Facebook, Amor Vittone[/caption]

“My kinders het my vanoggend verras met ontbyt in die bed, pragtige blomme en ’n koek,” het sy geskryf. “Dit was so spesiaal; ek was in trane.”

Kyk ook: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Op een foto staan Kylie en Jordan met verjaardagkaartjies waarin spesiale boodskappe vir hul ma staan.

Sy het ook vir Joost van der Westhuizen vir haar “pragtige geskenke” bedank.

• Skoonma se Tong word op Donderdae om 17:30 op VIA, kanaal 147 op DStv, uitgesaai.

Ander stories op Huisgenoot.com

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!

Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic

Kyk: Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland

Inge Lotz-moord spook elf jaar later nog

Almal se gunsteling-‘prinses’ binnekort weer op die silwerdoek