Welcome to the world Erin O'Connor. Born this morning before 9am. Weight exactly 2kgs. Mom and baby doing well. ??

A photo posted by Ryan O'Connor (@ryanoconnorza) on
Die KFM-oggendomroeper en sy vrou, Karen, het Dinsdagoggend skuins voor negeuur die trotse ouers geword van nog ’n dogtertjie. Sy heet Erin O’Connor. “Sy het presies 2 kg geweeg. Ma en baba doen goed,” het Ryan op Instagram geskryf by ’n kiekie van sy vrou en hul pasgebore baba. Die egpaar het reeds ’n 15 maande oue dogter, Faith. Ryan het kort voor Erin se geboorte ’n foto van hom en Faith gedeel waar sy met ’n bababottel lê. Hy het by dié kiekie geskryf: “Ons laaste bottel in die bed voor die nuwe lid van die gesin arriveer.”

Our last bottle in bed before the new addition arrives.

A photo posted by Ryan O'Connor (@ryanoconnorza) on

Die O’Connors se eerste dogter, Grace, is in 2013 stilgebore. Hul klein wonderwerk, Faith, is verlede jaar gebore ná ’n lang stryd om weer swanger te raak. Sy is op 31,5 weke gebore en het net 1,9 kg geweeg. Ryan is versot op sy kleinding en deel gereeld foto’s van haar op Instagram. Hy het in Mei vanjaar, kort ná Faith se eerste verjaardag, op dié sosiale netwerk aangekondig Karen verwag weer ’n dogtertjie.
Hy het toe vertel Faith is super-opgewonde oor haar sussie se koms. Ons wed sy gaan lekker pop speel! Veels geluk julle.

Daddy can I take him home? At the docs office and she's in love with Teddy...

A photo posted by Ryan O'Connor (@ryanoconnorza) on

EKSTRA BRON: IOL.CO.ZA