Daar is min dinge so mooi en behoorlik soos 'n fris, volbloed perd. Behalwe, natuurlik, 'n miniatuur-weergawe van dié perd! Miniatuur perde soos Shetland-ponies is deesdae hoogmode en nou spog die sanger Bobby van Jaarsveld se drie kleingoed boonop elk met hul eie perdjie.

"Ja, ek het my hart verloor op hierdie drie!" het hy onlangs by 'n foto van die drie perde op Instagram geskryf. Sy ma, Ronel Brink, het aan Huisgenoot bevestig die perdjies is al drie na sy en sy vrou, Annatjie, se drie kinders vernoem en heet Armani, Sion en Leben. Dié miniatuur-perde is deesdae wêreldwyd gewild, in besonder nadat 'n kostelike video van een wat danspassies uitvoer in 2013 en 'n foto-reeks van dié perdjies in truie aanlyn 'n oproer veroorsaak het.

Bronne: YouTube, Twitter.