Die supermodel Miranda Kerr het weer ja gesê! Die mooie Miranda en die Snapchat-stigter, Evan Spiegel, is verloof ná 13 maande as ’n paartjie.

[caption id="attachment_132394" align="alignnone" width="600"]Miranda Kerr en Evan Spiegel maak hul rooitapyt-debuut by die pre-Grammys-partytjie. Foto: FayesVision/WENN.com Miranda Kerr en Evan Spiegel maak hul rooitapyt-debuut by die pre-Grammys-partytjie. Foto: FayesVision/WENN.com[/caption]

Die Australiese skoonheid (33) en Evan, die miljardêr-sakeman het in Junie 2015 begin uitgaan en is nou verloof, berig DailyMail.com. ’n Verteenwoordiger van Spiegel het aan die publikasie vertel “hulle is ontsettend gelukkig”. Lees ook: Leo DiCaprio glo alweer met ’n Victoria’s Secret-model deurmekaar Die toekomstige bruid het op Instagram die ring afgewys op ’n swart-en-wit kiekie met tekenprentagtige weergawe van die paartjie met Evan op een knie. Die foto het ook die woorde “trou met my” op.

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

“Ek het ja gesê!!!” het Miranda by die foto geskryf en ’n hele rits hartjies en glimlaggesiggies met hartjie-oë bygevoeg. Dié groot nuus volg net twee maande nadat Miranda en Evan besluit het om saam in te trek en ’n $12 miljoen-herehuis in Brentwood, Kalifornië aangeskaf het. Miranda en haar liefie het hul rooitapytdebuut in Februarie by die pre-Grammy-partytjie gemaak. Die model het die eerste foto’s van hulle romanse in sosiale media in Maart gemaak toe sy ’n hele aantal oulike kiekies van hulle besoek aan Washington op Instagram gedeel het.

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

Sy het onlangs hart oopgemaak oor hul verhouding. Evan het in Junie 26 geword en sy dring aan dat die ouderdomsverskil tussen hulle nie saakmaak nie omdat Evan glo baie volwasse vir sy ouderdom is.

“Hy is 25, maar hy tree op asof hy 50 is,” het sy aan Net-A-Porter se The Edit-tydskrif in Januarie vertel. “Hy gaan nie uit en hou partytjie nie. Hy gaan werk. Hy kom huis toe.”

“Ons gaan nie uit nie. Ons sal eerder by die huis bly, aandete eet en vroeg bed toe gaan. (Maar) in sommige opsigte doen hy (voel hy soos ’n jonger man. Ek sê jou, ek het my brood aan elke kant gebotter.”

Lees ook: Troukoors is in die lug: Raai wie het die jawoord gegee?

Dit sal die tweede keer wees wat Miranda getroud is. Sy het die eerste keer in 2010 die knoop met die Britse akteur Orlando Bloom deurgehaak. Die voormalige paartjie, wat in 2013 geskei is, het ’n vyfjarige seun, Flynn, saam. Miranda het onthul Evan en haar seun kom baie goed oor die weg.

“(My eks en ek het besluit) dat ons iemand vir ses maande moet ken en goed voel oor hulle (voor ons hulle aan Flynn voorstel),” het die ster verduidelik. “Evan het Flynn ontmoet, so ja, dinge gaan goed. Orlando dink hy is wonderlik. Ons is nou net ’n moderne gesin.”

Orlando het ook aanbeweeg ná hulle mislukte huwelik – hy gaan met die popster Katy Perry uit.

© Cover Media