Die gospelsanger Retief Burger en sy vrou, Isabel, se eersteling het onlangs sy opwagting gemaak.

"Wynand Joshua Burger, gebore 10:18, Dinsdag 17 Mei 2016. 3,55 kg. Baba en mamma is veilig! Prys die Here alleen wat lewe gee," lui Retief se WhatsApp-boodskap, in sy agent,

Janine van Niekerk, se weeklikse Oopmond-nuusbrief.

Nog ’n boodskap lui: "Moet gaan, daddy duties . . . soos in full monty! Doeke omruil en alles." Wynand is Retief se pa se naam en dit beteken “dapper in die stryd”.

Retief gaan vir eers sy volle aandag aan die nuweling wy en begin eers weer in Augustus optree.

Intussen hou ons duim vas dat hy ’n foto van sy knapie gaan deel.

En nog goeie nuus vir bewonderaars? Retief het mos nou baie nuwe inspirasie en daar is 'n nuwe album aan die broei. Hy begin in Januarie met die opname daarvan.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’