"Sy geniet dit om weer die rol van Kate te vertolk,” vertel die aktrise Jana Strydom. Die gewilde Afrikaanse TV-reeks Erfsondes word tans verfilm en keer binnekort terug na die kassie.

“Sy is ’n volronde karakter met ’n ryk geskiedenis.”

Kate het al so baie deurgemaak dat Jana aanvanklik gewonder het wat nog met haar karakter kan gebeur. Sy het die draaiboekskrywer, Henriëtta Gryffenberg, op ’n kol gevra wat nog op Kate wag.

“En jou wrintiewaar, is daar weer ongelooflike dinge,” sê Jana opgewonde oor wat vir Kate voorlê. “Henriëtta is ongelooflike kreatief!"

Filming new season of #Erfsondes - coming to your screens September 2017

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

“Kate se kinders is nou ook groot; dus gaan kykers sien hoe hul sondes na vore kom. Hulle kan uitsien na hoe die karakters gegroei het, grootgeword het en hoe hul verhoudings ontwikkel het.”

Erfsondes screenshot ?

A post shared by Ruan Wessels (@ruanwessels08) on

Altesaam 65 episodes van Erfsondes is reeds uitgesaai. Die sesde seisoen begin in September.

Jana is tans in Johannesburg vir die verfilming, maar woon al die afgelope twee jaar saam met haar man, Hannes Kruger, en twee kinders, Ohan en Luka, in Simonstad.

“Dit voel soos ’n stukkie Europa. Alles is net fantasties: Die weer is wonderlik en dis so lekker om net 100 m van die see af te bly,” vertel sy oor hulle lewe op dié kusdorp suid van Kaapstad.

“Ons besoek gereeld die getypoel. Ons lewe na aan die natuur en dis presies wat ek vir my kinders wil hê.”

Morning stroll #kalkbay #sea

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

Watching #diving #ducks #siblings #nature #peace

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

Two in one day #seastar #EightArmedSeastar #regeneration #vibratehigher

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on

Tussendeur Erfsondes se verfilming gaan sy ook van 10 tot 12 Maart op die Woordfees te sien wees as Ellida in Die Vrou uit die See.

A post shared by Jana Kruger (@janastrydom) on