A photo posted by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

"My laaities (die blondies) doen hul eerste haaihok," het die Pampoen-sanger by 'n foto van die twee - in die einste hok! - op Instagram geskryf.

Gou het 'n ene Elaine Vosloo gevra nou waarom Steve nie saam met sy seuns die water wat wemel van die haaie aandurf nie. "Ek was nie by nie," antwoord Steve toe.

Steve se seuns, Sebastian en Benjamin, kuier tans saam met hul ma, die aktrise Natasha Sutherland, aan die KwaZulu-Natalse kus. Die familie het al onder meer 'n draai by die Chris Saunders Park in Umhlanga gemaak sowel as die re├źnerige weer in Durban met 'n cappuccino geniet.