’n Hele paar bekendes se kinders het vandag met hul skoolloopbaan begin. Die sanger en Reis na Gister-aanbieder Jak de Priester se oudste, Jamie, het vandag die grootskool aangepak. “Hare gekam. Gereed vir gr. 1! Sterkte my kind. Ek is daar vir jou,” het Jak op Instagram geskryf.

Hy is ’n bietjie hartseer, erken hy, maar ook baie trots. “Ek moet sê dit het gehelp dat die vakansie lank was. Dan begin ’n mens weer so ’n bietjie daarna uitsien dat die skool moet begin,” het hy geskerts.

“Daar was beslis ’n warboel van emosies: Jy wens jy kan jou kind beskerm teen alles wat moeilik is in die lewe, maar jy is ook trots, opgewonde en bly.

“Dis ’n trotse oomblik om jou kind tussen al die ander kinders te sien. Jy kry so ’n knop en jou keel. En ’n mens is dankbaar dat jou kind goeie opvoeding kan kry."

En in die kosblik? “My vrou, Michelle, het dit gepak, maar daar was ’n broodjie, biltong en jogurt,” sê Jak.

Dit was dubbele emosies, want hul dogter, Mija, het vandag met gr. R begin. “Dit was makliker met haar. Jamie is reeds daardeur en sy het al gesien hoe ons hom by die skool aflaai en hom weer oplaai. Sy was baie opgewonde!

“Nadat ons hulle by die skool afgelaai het, het ek en Michelle onsself met ontbyt en ’n cappuccino bederf – net om die knop in ons keel weg te sluk.” Die sanger Heinz Winckler en sy vrou, Aletté-Johanni Winckler, het’n spesiale foto op Instagram gedeel van hul oudste, Lian, wat met gr. 1 begin.

Met ’n bokstert en ’n groot glimlag het die model Lee-Ann Liebenberg se oudste dogtertjie, Gia, gr.1 begin.

Gia starting Grade 1 today! ???????? #BigSchool ?

A photo posted by Lee-Ann Liebenberg (@leeann_liebenberg) on

Die sanger Elvis Blue en sy vrou, Chireze, se oudste dogtertjie, Lila, was met twee boksterte ook gereed vir haar eerste dag in die grootskool. “So trots op haar,” het haar pa laat hoor.

A photo posted by Elvis Blue (@elvisbluemusic) on

Die akteurspaar Diaan Lawrenson en Jody Abrahams se dogtertjie, Olivia, het ook vinnig grootgeword. Diaan het ’n foto van Olivia se skoolskoene op Instagram gedeel en daarby geskryf: “En so begin 12 jaar van skool.”

Die Springbok-flank Siya Kolisi en sy vrou, Rachel, het vandag as “’n bittersoet oomblik” beskryf. Dis Siya se halfbroer, Liyema, se laaste laerskooljaar en sy halfsussie, Liphelo, durf vanjaar gr. 3 aan. Siya en Rachel, wat 'n seuntjie, Nicholas, het, maak Liyema en Liphelo as hul eie kinders groot. Kyk net hoe opgewonde is klein Nicholas (in die middel). Die mannetjie in die middel lyk ook vir ons gereed om skool toe te gaan!

A photo posted by Rachel Kolisi (@rachel_kolisi) on

Die sanger Kurt Darren het sy en vroulief, Dunay, se dogtertjie, Kyrah, met 'n swaar hart by haar kleuterskool gaan aflaai. "Eerste dag op 'skool'; my hart breek," het hy op Twitter geskryf.  

Die Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Minki van der Westhuizen het op Instagram geskryf haar twee prinsesse, Katerien en Elise, is reg vir die nuwe skooljaar. “Gereed vir ’n nuwe jaar van kleuterskool. Geniet dit my poppies! Mag jul liggies helder skyn vir Jesus.”