Dit kan mos nou net kosbaar wees! Die aktrise en televisieaanbieder Angelique Gerber-Potgieter het saam met haar en die Bulls-rugbyspeler Jacques Potgieter se oulike seuntjie, Jacques jr., voor die TV-kameras ingeskuif.

Ma en seun is vanaand vir die eerste keer in VIA-werklikheidsreeks Angelique en Jr. te sien.

In dié reeks neem Angelique kykers op ’n ontdekkingsreis oor babas. In elke episode leer sy iets oor ma-wees. Sy kry by verskeie kenners advies oor ouerskap – soos oor babas se slaappatrone, hul voedingsbehoeftes en veiligheid. Kykers gaan ook agter die skerms ’n kykie kry in die Potgieter-gesin se lewe.

• Angelique en Jr. word op Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai en op Sondae om 18:30 herhaal.

Kry hier ’n voorsmakie van die reeks: