Die 7de Laan-ster Jacques Blignaut is deesdae ’n pa van drie! Die akteur, wat die rol van Vince in die sepie speel, en sy vrou, Melanie, is ’n seuntjie ryker. Die paartjie het reeds twee dogters, Angelique en Emmanuelle, van onderskeidelik vyf en drie jaar oud.

A photo posted by Melanie (@melanie.blignaut) on

Klein Raphael Jacques Blignaut is gister in Johannesburg gebore en is 50cm lank en weeg 3,44kg, berig sarie.com.

A photo posted by Melanie (@melanie.blignaut) on
Melanie het ook foto’s van hul seuntjie en sy trotse pa op Instagram gedeel. By een foto van die kleinding wat sy vroeër vandag op Instagram gedeel het, skryf sy: “My prinsie het die meeste van gister geslaap. Dit lyk of hy dieselfde plan vandag het.”

A photo posted by Melanie (@melanie.blignaut) on

Vince en Melanie het in 2009 getrou en hulle is duidelik in die wolke om nou ’n gesin van vyf te wees.

Melanie het Donderdag op haar blog vertel sy kan nie wag om haar seuntjie in haar arms vas te hou nie. “Vir maande het ek jou binne in my voel beweeg; eers ’n klein gefladder, toe raak dit sterker en harder soos jy groei en stoot en omdraai. “Vir maande het ek gewonder of jy jou pappa se lang bene gaan hê, en of jy so baie hare soos jou susters gehad het gaan hê en of jou oë ook so blou soos myne gaan wees. Vandag sien ek jou uiteindelik,” het sy geskryf. “Ek kan nie wag dat jy jou pappa ontmoet nie. Hy is die diep stem wat jy gehoor het. Hy is die hande waarvoor jy hardkoppig geweier het om te skop elke keer as ek vir hom gesê het jy skop. Hy is die een wat jou gaan leer om ’n fiets te ry, ’n sokkerbal te skop en ’n krieketkolf vas te hou. Hy is die een wat vir jou gaan wys watter soort man en pa jy moet wees. “Hy is die een wat vir jou gaan wys hoe om ’n man te wees.”

A photo posted by Melanie (@melanie.blignaut) on

Melanie het ook vertel hoe klein Raphael se ouer susters nie kon wag om hom te ontmoet nie.

“Hulle het albei met jou gepraat terwyl jy nog in my maag was,” het sy vertel. “Hulle is reeds lief vir jou en hul gesigte helder op elke keer as ek hulle uitvra oor jou.”

Te oulik! Veels geluk julle!

Ekstra bronne: sarie.com, windinaletterbox.com