Meer as 50 mm reën het Donderdagmiddag oor die dorp en omgewing uitgesak. In dié video vloei water in die Omarururivier vir die eerste keer in minstens vier jaar. Dis gewoonlik net ’n droë loop in die middel van die dorp.

’n Mens kan ook in die video sien hoe die drif in die rivier wat die twee kante van die dorp verbind, onder water is.

Duisende stuks vee en wildsbokke het weens die droogte gevrek. Sommige spruite in die distrik het vir die eerste keer in 17 jaar water in. Inwoners van Omaruru het die video vir die Windhoekse dagblad Republikein geneem.