– en hulle kan nie wag om te sien watter uitrusting die vier maande oue Joey Marie Choi volgende gaan dra nie. Joey self is oënskynlik salig onbewus daarvan, want sy is elke keer vas aan die slaap wanneer sy in ’n nuwe kostuum pryk – as Game of Thrones se Jon Snow; Pikachu; The Sound Of Music se Maria; ’n rocker van Guns ’n Roses; ’n deelnemer aan MasterChef Junior; ’n duiker wat na Dory soek; Sia (met kenmerkende pruik en al) of Beyoncé, wat in dié geval seker All the Single Babies sing.

Sha na na na na na na na knees knees ??? #gunsnroses #notinthislifetime

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

You know nothing Jon Snow ???? #gameofthrones | ps. Zigzag Rickon!??? | 2m

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

?How do you solve a problem like Maria? #soundofmusic

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Joey dreams of sushi ?

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Hey babygirl, let me take a pik at chu. #pokemon

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Didn't have a chandelier but I did find a wig. ???#Sia

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Laat slapende babas met rus, sou daardie gesegde oor honde kon lui as ’n mens na die prettige reeks foto’s van die Amerikaanse fotograaf Laura Izumikawa (@lauraiz op Instagram) kyk. Laura vertel aan The Huffington Post sy het die foto’s begin neem om Joey se grootouers te vermaak. “Mense stel altyd aan nuwe ouers voor hulle moet slaap wanneer hul baba slaap, maar dit werk nie vir my nie. Ek wil die heeltyd, dag en nag, na Joey se gesiggie staar terwyl sy so diep in droomland is. Ek is versot op haar. Sy slaap so lekker diep. Toe besluit ek om foto’s te begin neem,’’ vertel sy.
Die eerste foto van ’n slapende Joey met ’n rekwisiet – ’n bagel – is 15 weke gelede gelaai en 1 096 mense het daarvan gehou:

On Wednesdays we wear pink ? #meangirls

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Op ’n foto wat Woensdag gelaai is, is Joey soos die Spaanse soldaat Inigo Montoya, ’n karakter uit Laura se gunsteling-fliek, The Princess Bride, uitgevat. Hierdie keer is daar meer as 39 900 volgers wat daarvan hou.
“Dit is my manier om haar groei en klein mypale te verewig,’’ verduidelik Laura. Sy is al die afgelope agt jaar ’n beroepsfotograaf in Los Angeles, Suid-Kalifornië, waar sy ander mense se herinneringe vaslê. Joey het reeds ’n hele rits fraai uitrustings en Halloween-kostuums waarvan ander meisies van veel ouer net kan droom. “Ek hoop die foto’s en videos sal mense laat glimlag en ouers herinner om pret met hul kinders te hê en nie net vas te val in die ernstiger aspekte van ouerskap nie,” vertel sy. ’n Mens wonder hoe ’n ouer Joey eendag gaan voel oor die slapende modesessies uit haar doekdra-dae? Hier is nog ’n paar voorbeelde:

Just keep swimming! Can't wait to watch Finding Dory! ?

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

?My milkmaid brings all the boys to the yard

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Dreaming of the Korean spa ?

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Cuz mama couldn't find a monkey suit. ?

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Oh, what a day. What a lovely day! ?? #Furiosa

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

What the best exercise for a swimmer? Pool-ups. ?? #rio2016

A photo posted by Laura Izumikawa (@lauraiz) on

Bronne: ajc.com, huffingtonpost.com, cosmopolitan.com, time.com, ctvnews.ca.