Die sexy ster van kykNET se supergewilde reeks Die Boekklub, Armand Aucamp, geniet tans ’n welverdiende blaaskans oorsee. Maar, pleks daarvan om na lande met ikoniese toeriste-aantreklikhede soos die Eiffeltoring of Big Ben te besoek, het Armand eerder koers gekies na die klein eilandnasie Sri Lanka.

En nou kan hy nie uitgepraat raak oor hoe wonderlik dit daar is nie. Sy vliegtuig het skaars geland en Armand het klaar die een pragfoto na die ander op Instagram begin deel.

“Ek het impulsief besluit om bietjie weg te gaan nadat ek klaar verfilm was aan my nuwe fliek, Krotoa,” vertel Armand aan Huisgenoot al die pad vanuit Sri Lanka. “Dit is bekostigbaar en nog redelik onder die radar.” Armand, wat die rol van Jan van Riebeeck in die nuwe fliek speel, vertel hy het nog altyd belanggestel in Indiese kultuur, “maar Indië self sal my heeltemal oorweldig – ek bedoel, een biljoen mense?!” Sri Lanka was die logiese oplossing.

Pretty crazy sunsets... #SriLanka #Galle

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Armand het vir ’n tyd lank gekuier in die antieke stad Galle aan Sri Lanka se suidkus. “Ek het in 2006 in Londen gewerk by ’n toerisme-ekspo,” vertel hy. “Daar het ek naby die Sri Lanka-stalletjie gewerk en die heeltyd na hul toerismevideo gestaar. “Die land het vir my verskriklik mooi gelyk – en die video was reg, dit is ongelooflik hier!”
Dié ster van Ballade vir ’n Enkeling maak die meeste van sy tyd in die land van tee, speserye en krieket. Vanaf Galle is hy op die rug van ’n poegie weswaarts na die beeldskone strande van Mirissa.

#Mirissa #SriLanka @eyewearboutique

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

#Mirissa #SriLanka

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Dieper die binneland in, het die avontuurlustige Armand ook die prentjie-mooi dorpie Ella besoek sowel as antieke tempels by Sigiriya.

More alien architecture... #Sigiriya

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Armand vertel Sri Lanka is spotgoedkoop om te besoek. "Veral as jy twee is, is dit bitter goedkoop, want alle kamers het dubbelbeddens en hulle vra per kamer, nie per persoon nie. So dis letterlik die helfde van die prys!" Hy het ook verskeie ander toeriste raak gekuier terwyl hy heen en weer oor die land getrek het.

Sun, Ye, Hong and I rippin' shiz up at The Rotti Hut y'all!

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Daar was selfs tyd om saam sy pêlle die berge in te vaar.

At World's End. #HortonPlains #NuwaraEliya #SriLanka @valhalla1652

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

“Hierdie land het werklik my stoutste verwagtinge oortref,” sê hy. “Dit het van die mooiste strande – met absoluut geen mense – tot hoë berge en fraai dorpies in woude.” Maar wat van Sri Lanka staan vir hom uit? “Tee, tee en nogmaals tee!” skerts hy. “Maar ook die geskiedenis, ongelooflike kos en die vriendelike mense.”

OMG... im at Mackwoods y'all... #Hollywood #Bollywood #Mackwoods #SriLanka

A photo posted by Armand Aucamp (@armandaucamp) on

Sal hy ooit Suid-Afrika vir dié paradys verruil? “Ek glo nie so nie, want ek kan nie Sinhalese praat nie, so hoe gaan ek ooit hier werk?” sê hy laggend.

“Maar Sri Lanka was werklik die verrassing waarop ek gehoop het. Ek kan almal aanraai om dit so gou as moontlik te besoek.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!